Middelpos 10-11 Aug 07
Laas naweek se trippie na Middelpos is voorwaar een van daardie ritte wat ek lank sal onthou. Die groep van 10 bikers was baie eenders in terme van spoed en stoplustigheid. En foto-lustigheid.
Opvallend van hierdie rit was dat die voorste ryers by elke afdraai of vurk in die pad gewag het totdat almal weer by is.
Die koue en reen aan die begin was niks, vergeleke met die plesier van die lekkerte wat sou volg.
Ons het almal dik aangetrek, met reenklere bo-oor alles. My eie reenpak is 'n lae-koste tweestuk van Mr Farmer. Ek het lank droog gebly, maar toe ek daar anderkant Ceres so'n slag opstaan en weer gaan sit - yskoud hier onderlangs! En toe ek my selfoon uit die hempsak uithaal was hy sopnat! Toe het ek geweet Mr Farmer was ook maar net 'n troos. Ek het baie beter gevoel toe van die ander ouens met baie meer fancy reenklere ook sopnat was.
Naby Goudini. Koud en nat!
Ceres - sopnat handskoene
Die stukkie oor Du Toitskloof was nie baie lekker nie, met erge wind en reen. Slanghoek se driffie was nie oorspoel nie (ons was effe telleurgesteld!). By Ceres en oor die Gydo pas steeds reen. Maar toe ons by Op-die-Berg stop om bande af te blaas, het die reen opgehou. So asof ons getroos word.
Hiervandaan oor die Katbakkiespas en die Peerboompas tot by die R355 (Ceres-Calvinia pad) dik wolke maar geen reen. Net koud met die nat klere.
Die Katbakkiespas is geteer. Daarna 'n kronkelrige tweespoor grondpad en anderkant af op die (soortgelyk geteerde) Peerboompas. Smal en goeie oppervlak. Maar baie bedrieglik. Veral die Katbakkiespas. Die teer het 'n lekker ryvlak, maar weerskante van die ryvlak is 'n dun lagie fyn klippies. Seepglad! Bly in die skoon ryvlak!
Katbakkies pas met die gevaarlike draaie doer anderkant
Die grond-gedeelte was goed en lekker om te ry. Met die terugkomslag het ons weer daar oorgegaan. Maar toe was dit baie koud (5C) en die reen het weer begin.
Interessant hoe reen mens affekteer. Ek het agter HD gery en hy het 'n stywe pas gery. Skielik sien ek hy is vlak voor my en ek moes vinnig terugval. Die reentjie het hom skielik baie versigtiger gemaak. My skerm het vol modder begin raak en die reen was nie genoeg om dit af te was nie.
Links op die R355, 'n ent verder weer regs af op pad na die Oubergpas. Goeie paaie met oral nat kolle, maar lekker rybaar. Heelwat splashes. Soos groot kinders het ons die een splash na die ander geniet.
Oubergpas
Die Oubergpas is steil, smal en redelik rof. Maar die oppervlak was ferm en mens kon darem rondkyk. Ongelooflike natuurtonele soos jy opgaan en ook van daar bo af.
Van die Oubergpas af was die paaie deurgaans goed. Driespoor en soms tweespoor, maar ons het by tye 110 plus gery. En hier en daar splashes. Netsoos jy dink jy begin droog word, dan is die volgende splash daar!
Splash-dice. Brenda B was lekker moedswillig hier!
Mors in die waters, netsoos kinders!
Ek en die GeelKameel het so'n bietjie meningsverskil gehad aan die end van 'n langerige laagwaterbrug oor die Tankwarivier. Geen skade, geen pyn, net baie aanskoulik. Toe ek so terugkyk, sien ek vir Johann daar anderkant wag dat ek moet plekmaak...ek wonder wat hy gedink het le^ vir hom voor daar anderkant.
Die laatmiddag/aand by Middelpos weer bietjie reen, maar die volgende dag heerlike koel weer, klomp klein splashes en 'n paar groter waters.
Die aand by Middelpos was die kaggel toegepak met nat ry-skoene.
Middelpos is 'n baie klein plattelandse plekkie. Basies drie geboue - hotel, winkel en poskantoor. Polisieselle en werkwinkel is iewers deel hiervan. Verder net buitegeboue met halwe trekkers en nog wat. Die hotel was eers 'n winkel. Ene Thomlinson het in 1860 besluit hier moet 'n winkel wees, halfpad tussen Sutherland en Calvinia. In 1954 is die huidige winkel gebou en ou winkel het woonplek en hotel geword. Die hotel is nog van die ou soort hotel met blink vloere en ’n lounge met kaggel.
'n Kaggel is altyd gesellig
En 'n houtstoof!
Gertruida is in bevel van die yslike Aga stoof
Die huidige eienaars, Koos en Helena vd Westhuysen, het die hotel by hul ouers oorgeneem. Vandag bedryf hulle ook 'n telery vir boerboel honde, bokke en voe"ls. Die boktelery is van die voorste in die land.
Die nag daal op Middelpos
Aan tafel word bokmelk en bokbotter aan die gaste voorgesit. Baie lekker, glo vir my! Die botter is spierwit.
Bokmelk van opreg geteelde bokke
Tanya het, tot groot vreugde van die plaaslike kinders, lekkers uitgedeel. En 'n groepfoto (bondel-foto?) voor die poskantoor laat neem.
Vreugde in 'n bondel
Attie, Sarah (met Beatice, niggie se baba) en Willem voor die Winkel
Binne die winkel. Piet (skoolhoof), Grietjie en Koos vd Westhuysen
Agter die geboue is 'n klein gedenkteken ter gedagtenis aan klompie Britse troepe wat hier dood is. Tydens die Boere-Oorlog het 'n paar manne 'n hinderlaag opgestel en 'n Britse ammunisie-konvooi aangeval. Die ammunisie is aan die brand gesteek en die ontploffings was glo die grootste wat Middelpos ooit beleef het! (wel, hoeveel ander ontploffings was daar nou eintlik...)
Middelpos het petrol, ja. Iets soos 4000 liter LRP (in 'n groot tenk) en 200 liter loodvry in 'n drom. Die naaste ander petrol is 80km daarvandaan. Vanaf Ceres tot daar was daar geen petrol op ons roete nie. Ook die tweede dag se roete het geen petrolstasies nie. Van die terugroete gepraat - ons het daardie laaste klomp km deur die Gydo-pas tot in Prins Alfred Hamlet gery met die laaste bietjie van die reserwe.
Petrus en Gert gooi loodvry petrol
Die pad terug vanaf Middelpos was baie besonder lekker. Die eerste stuk mooi, droog en draaierige twee/driespoor. Later het dit meer draaierig geword met baie waterpoele. Elke poel het sy "bypass" gehad. Dit was groot sports om so te ry dan skielik 'n klein detour te moet kies by die waterpoele. Dis duidelik dat dit vantevore baie nat was hier rond. Oral is diep wielspore, en ons moes dikwels mooi mik om die ergstes mis te ry.
Baie waters, groot pret al die pad!
Hier iewers (ek sien dit nie op my kaarte nie) het Andyman besluit sy GPS is reg, ons moet regs afdraai. Kort voor lank staan ons voor 'n hek met BLY-HIER-UIT teken, volledig met 'n geweer en al. Met Andyman vooraan ry ons na die opstal daar naby. Onderhandelings. Ons sit doodstil. Aanvanklik lyk dinge nie so vrolik nie, maar eindelik glimlag en handskud van die boer. Thanx Andy!
Hier volg toe die juweel van die dag - binne 2km deur twee kwaai waters. En 'n modderstreep. Almal heelhuids deur, gelukkig. Toe volg die wye, uitgestrekte Tankwa-Karoo vlakte met die mooiste veldblomme net waar jy kyk. Dit was 'n tweespoor pad met bedrieglike los oppervlak. Op die enigste hoogtetjie het ons gestop en die wereld bewonder. En die grond met die vreemde klippe bewonder. Sulke donker ronde klippies oral. Terloops, hierdie foto werk uitstekend vir 'n Desktop agtergrond.
Tankwa-Karoo nasionale park. Wye vlaktes, baie blomme, great paadjie
Baie kilometers het ek saam met die groep gery na wie-weet-waar. Net gery, gevolg, geniet - vrede met waar ons sou uitkom. Die lekkerste derde-rat paadjies wat ek in 'n baie lang tyd gery het.
Iewers, skielik, is ons weer by die Tankwa rivier, met 'n lang stuk water tot by iets wat soos 'n eiland gelyk het. Oral rondom verspoel. Almal is sonder voorval deur. 'n Lang, lekker stop het gevolg. Johann en Tanya het vir ons 'n worsie gebraai. En drinkgoed verskaf. Baie lekker, baie dankie!
Die Tankwa-Karoo plato sluit weswaarts aan by die Roggeveldberge en dan neem die Gannagapas jou baie vinnig na die Springbokvlakte daar doer onder. Baie besonder aanskoulik. Dis 'n smal tweespoor paadjie met paar skerp draaie. En hy sak baie vinnig.
Bo in die Gannagapas
Skerp draai bo in Gannagapas
'n Baie mooi rots in die Gannagapas
By die R355 het die bakkie en drie bikers besluit om reguit na Ceres en die Kaap te ry, terwyl ek, HD, Arra, Andy en Johann vir oulaas ompad wou ry - oor die Katbakkiespas. Lekker gewees, maar skielik koud en weer nat. Steeds die moeite werd gewees.
Laaste stop was Ceres, met Tanya en Nico wat ons inwag met warm koffie. Ek het my helmet so ewe op die waentjie neergesit.
Met groot gejuig maar te laat sien ons daar gaan die bakkie met my helmet op die waentjie! Twee bikes sit hom agterna (weetnie eens wie dit was nie!). Na 'n rukkie kom hulle terug met 'n ietwat geskraapte helmet. 'n Plaaslike bewonder het met dit in die hand gestap op die sypaadjie.
Van geluk gepraat. Ek het my nat handskoene iewers by die Oubergpas uitgetrek en in die cargonet ingedruk. By Middelpos het ek besef altwee is weg! Een van die manne het een opgetel en dit aan my besorg. Ek was baie gatvol want dit was lekker warm handskoene, en een beteken soveel as niks. Totdat ek op die Forum gesien het dat iemand (Derrick Hitchcock van Barons N1)'n Allround handskoen opgetel het, Kaaptoe gebring het en via Wayne vir Dave Higgs laat weet het. Die res is geskiedenis - ek het Saterdag my tweede handskoen teruggekry!
Die verlore handskoen en gekneusde helmet heet mekaar welkom
Soos soveel ander trips, hierdie is een wat ek beslis weer sal ry. Dankie ouens, dit was lekker!

20 August 2007 - 11:49am
#1
Thanks Danie
Ek het gewag vir hierdie een! Baie interessant en lekkerlees.
Andy is nogsteeds besig om sy Middelposstories aan almal te vertel.
Die dorpie klink na 'n ware Korporasiestorie-dorpie!
20 August 2007 - 1:40pm
#2
Danie, hoeveel van die paaie kan mens met n motor ry? Dit lyk so lekker ek wil amper Cheezy se raad volg. :)
20 August 2007 - 1:45pm
#3
Al daai paaie.
Johann se bakkie het al die pad saamgery, sonder enige probleme.
As jy versigtig ry sal jy dit selfs met 'n gewone sedan kan ry. Maar 'n bakkie is beter, veral deur die driffies.
20 August 2007 - 2:26pm
#4
Excellent trip report.
Thanks Danie,
This was worth waiting for.
In fact all the photos make a most enticing screensaver.
Since buying my bike in early Feb, I have done the off-road intro course, followed by " The locked gate tour", the "BMW West Coast Tour", a few other off road trips a few overnight off road trips and this "Middelpos trip" was easily the very best so far.
In fact I have done 20 000 kilometres and two sets of tyres since February on this bike.
We had such a great group on this Middelpos trip.
Thanks again guys for a really memorable trip and out of this world photographs.
As Annie says, many friends have had to endure my versions of the trip and watch the photos.
We'll do this again.
Andyman
Yup that's me. Standing up in the traffic on the 1150GSA.
20 August 2007 - 2:34pm
#5
TANYA AND THE COMMUNITY UPLIFTMENT
The stroy of Tanya's huge open heart is a big part of my stories of this trip.
Annie n I have been planning several trips on the bikes
(She is putting a Boegoeberg dam trip together for us in spring)
And I've had the idea to Google the places en route to widen our interest and understanding of the interior.
As well to contact a community on the route and find out what their needs are.
Then to drum up some support in kind and address those needs in some way while on the trip.
Well while I've been dreaming of this, Tanya is busy doing it already for some time.
It was a humbling experience to see Tanya buying all these chips, getting the volkies kinders together, chatting to them and then giving them each 'n pakkie crips.
This small gesture will remain in their (and my) memory for a long long time. You warmed many hearts that morning.
It really restores your faith in the human spirit.
God Bless you Tanya, What goes around weill come around!!
Andyman
Yup that's me. Standing up in the traffic on the 1150GSA.
20 August 2007 - 2:54pm
#6
Heyho Padlangs,
Wat praat jy nou van 'n motor ry, Koop jouself 'n G S en ry grond pad. You will never ever regret it, A GS is living life like it should be.
Bum in the saddle, always.
20 August 2007 - 3:16pm
#7
Hel ou maat, as ek so na Danie se foto's kyk stem ek saam met jou. Maar jy weet mos ek is padLANGS nie padAF nie. :)
20 August 2007 - 3:47pm
#8
Um, I hate to tell you Cheesy - but I've got Padlangs'old GS!!
20 August 2007 - 4:27pm
#9
Padlangs, as jy bang is jy sal jou naam moet verander as jy grondpad ry, onthou, '''grondpaaie''' is nog steeds '''paaie'''!
Annie is nou die een wat selfs van die grondpaaie af in die boendoe ry, op jou ou GS ;-)
groete
Charles
20 August 2007 - 10:10pm
#10
HI Annie,
Well done girl!
Will you ever look back to the 'ol days of tar-mac riding?
Padlangs should fit those knoblies to his RT and get a life!
Bum in the saddle, always.
Liability
Motorsport is inherently dangerous. As per paragraph 9 of the club constitution, the club shall not be held liable for any loss, injury or death of any member or guest, howsoever arising.
The BMW Motorcycle Club Cape cannot be held responsible or liable in any way for any actions or decisions you make as a result of the information posted on this site. Although this site is enabled and used by the BMW Motorcycle Club Cape, posts are made by members, non-members, advertisers and guests and none of it is vetted by the club before posting. This is the internet and Africa - you are responsible for yourself.